"Lees" fokus daarop om leesvaardighede op n prettige wyse te verbeter.
Hierdie leestoepassing fokus daarop om elemente soos kompetisie en lees uitdagings te kombineer en so leesvaardighede op ʼn prettige wyse te verbeter. Lesers word uitgedaag om leesstukke wat volgens moeilikheidsgraad in 8 vlakke verdeel is te lees.
Elke vlak het 3 leesstukke wat humoristiese en interessante inligting bevat, van resepte, gedigte en tongknopers. Nadat elke leesstuk gelees is, moet lesers 3 vrae korrek beantwoord om na ‘n volgende vlak te vorder.
Daar word teen tyd gelees en visuele geheue asook begripslees is vaardighede wat geoefen word.
ʼn Toepassing ontwikkel deur Instituut vir Christelike Onderwys
Ontwikkel deur: Saskia Meijer en LivX
Eerste uitgawe: 2016